2 vegvlieëniers van SA op pad na China

March 27, 2016

 

Twee van Suid-Afrika se voorste vegvlieëniers gaan nou Chinese vlieëniers oplei nadat dié land hulle gewerf het spesifiek danksy hul kennis en vaardighede op Gripen-vegvliegtuie.

 

Die twee Suid-Afrikaners is opgelei in die vlieg van die Sweeds geboude Gripen, asook in die gebruik van die vliegtuig se wapen- en missielstelsel.

 

Volgens die militêre kenner Helmoed-Römer Heitman is die Suid-Afrikaners klaarblyklik gewerf om opleiding te verskaf op die Chinese FTC-2000 of “Mountain Eagle” (“Shanying”) – ’n nuwe Chinese vliegtuig met sterk ooreenkomste met sowel die Hawk (wat Suid-Afrika ook gebruik) en die Gripen.

 

“Daar is weliswaar ooreenkomste met die Gripen se wapenstelsels en dit is so dat ­China voortdurend besig is om sy missiele te verbeter – baie keer met tegnologie wat die land van die Weste bekom.”

 

Die Guizhou Aircraft Industries Corporation het by verlede jaar se Paryse lugskou aangekondig hy het ’n kontrak vir die verskaffing van die FTC-2000 met ’n Afrikaland, vermoedelik Zambië, onderteken.

 

China verskaf lankal vegvliegtuie aan Afrikalande soos Zimbabwe en Egipte.

 

Die Gripen-vlieëniers, Gys van der Walt en S.G. Ferreira, se besluit om die Chinese te gaan leer vlieg, het vir heelwat konsternasie in die plaaslike lugmaggemeenskap gesorg omdat hulle ook eerstehandse kennis van die Suid-Afrikaanse bedryfstelsels, besonderhede en spesifikasies van die vliegtuie met hulle saamneem.

 

Hulle het blykbaar ’n kontrak van twee jaar geteken.

 

Sebastian Carlsson, woordvoerder van SAAB, die Sweedse vervaardiger van die Gripen, het aan Rapport gesê hulle is nie besonder bekommerd nie, want die Chinese het ook elders toegang tot die Gripen.

 

Daar is ook geen beperkings op Suid-Afrikaanse lugmagvlieëniers oor waar hulle mag gaan vlieg as hulle bedank het nie.

Please reload

Featured Posts

CIOR/CIOMR Summer Congress 2018

July 31, 2018

1/6
Please reload

Recent Posts
Please reload

Archive
Please reload

Search By Tags
Please reload

Follow Us
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square

© 2018 Reserve Force Council. All rights reserved.